Datum: 25 Februarie 2023
Ons het Chapmanspeak uitgeklim, ek het só swaar gekry en jy het net heel pad vir my gelag!
Fun fact: Gizelle het hier al gedink dat ek jou meisie is en het by Zander gekla oor hoe lelik jy heel pad op met jou 'meisie' was!
Datum: 15/16 Junie 2023
Hierdie was iewers in Kaap middestad, 02:11. Ek is nie doodseker nie, maar ek neem aan ons was in Longstreet. Dir vraag is eintlik waarheen op pad was, want op die stadium was ons al amper 3km weg van Longstreet af!
Datum: 18 Junie 2023
Fun Fact: My kar was gepak en ons was reg om te ry. Jy vra my toe om my sleutel te gee dan trek jy die kar uit terwyl ek gou badkamer toe gaan - ek is toe moeilik en sê nee, ek gaan bestuur. Jy antwoord toe met 'ek bestuur of ons ry met my kar'. Ek dog jy maak 'n grap en en ek gaan badkamer toe. Ek was letterlik 2sek weg en toe ek uit stap toe is al ons goed oor gepak in jou kar! Ek was só verbaas en jy sê net 'kom ons ry' - ons het heel pad KFM geluister.
Ons het gaan kuier by Mike en was die aand Watergat toe - natuurlik!
Fun fact: Die oomblik wat ons daar aangekom het, het tannie Zahn vir Zané gevra 'kuier hulle?', Zané het gesê sy is nie seker nie, maar sy dink so en haar antwoord was 'dit is so cute!'. Sy was vrek opgewonde vir ons!
Datum: 22 Junie 2023
Jy het my só beïndruk met jy prawn pasta - dit was vrek lekker! (Al het jy gestres en geskel toe ek eers na die tyd vir jou sê dat ek al uitgeslaan het van vis)
Datum: 5 Augustus 2023
Ons was verveeld en het uit die bloute besluit om cocktails te gaan drink teen die see. Dit was yskoud en die wind het woes gewaai, so ons het besluit om liewer 'n rooiwyntjie te drink!
Datum: 9 Augustus 2023
Jy en Mike wou eintlik gaan duik in Melkbos, maar die water was te vuil (as ek reg onthou) so jy en Mike het vir ons girls wetsuits en boogieboard gehuur en ons het net geswem en die beste tyd gehad!
Datum: 11 - 13 Augustus 2023
Ek was vrek op my senuwees en jy het gedink dit was vrek snaaks, jy het dit jou missie gemaak om my siel heel pad Robertson toe uit te trek!
Ons heel eerste stop van die naweek was by Birds Paradise - jy was in streng kompetisie met daai apie!
Die eerste wynproe van die naweek was by Esona - daai kaas was vrek lekker! (ons het amper een van die blokke in my handsak gedruk, maar toe eet ons eerder net daar op)
Die volgende stop was Viljoensdrift - ons het lank gespot oor hoe ons die roeibootjie gaan steel en op die dam gaan visvang!
Hulle wyn was lekker!
Eerste van baie kere in Greendoor!
Fun fact: Min het ons geweet dat oor 'n jaar en 17 dae sou jy my vra om jou meisie te wees!
Datum: 2 September 2023
Dit was een van die lekkerste kuiers! Ons girls het lekker gekuier, maar ek het jou so baie verlang toe julle golf gespeel het - dit was die lekkerste gevoel om jou weer te sien!
Datum: 14 Oktober 2023
Ons het gaan wyn proe vir my verjaarsdag en jy het my soos 'n absolute prinses laat voel! Jy het my heeltyd komplimenteer en gesê hoe mooi ek lyk, dit was so flippen spesiaal.