Ons het die eerste keer ontmoet op die 25ste Februarie 2022.
Dit was die dag wat ek in die studentehuis in getrek het, ek was vrek op my senuwees maar jy het elke keer wat ek jou gesien het 'n grappie of storie gehad wat my gemoed soveel ligter gemaak het. As ek maar net geweet het wat die toekoms nog vir ons gaan inhou!
Ons het die eerste soen was op die 10de Junie 2023. Iewers in die vroeë oggendure, want ek het aan die gesels geraak oor alles en enige iets. Die oomblik wat ek langer as 2sekondes stil gebly het om asem te skep het jy, jou kans gevat! "Mag ek jou soen?" en voor ek kon antwoord toe soen jy my. Jy het my voete onder my uit geslaan!
En uiteindelik is ek amptelik jou meisie!
Vrydag, 30 Augustus 2024 was een van die frieken dae van my lewe! Dit was die mooiste begin van ons storie. Jy het alles haarfyn beplan en die geheim baie goed gehou!
... die beste wag nog!