Datum: 2 Mei 2024
(Net minder as 4 maande later vra jy my hier om jou meisie te wees!)
Ons het 'n wyntjie gaan drink op Signal Hill, was na 'n markie toe en het daarna nog 'n wyntjie by die Waterfront gaan drink. Ons wou draairoomys gaan koop, maar al die plekke in die mall was al toe. Julle het ons girls gevat vir Crème Brûlée en die manne het Irish Whiskeys gedrink.
Datum: 30 Augustus 2024
Jy was heel dag erg op jou senuwees en het amper niks met my gepraat nie. Ek was seker dat jy kwaad was vir my oor iets.
Dit was perfek. Die sonsak, die wyn (wat jy basies gedown het omdat jy so op jou senuwees was), die snacks, die oomblik. Jy het só goed gedoen!
Datum: 1 September 2024
Jou ma het nog gebel om te vra wat ons maak en toe gesê ons kan nie in die huis bly op Lentedag nie. Ons het mooi aangetrek en (baie duur) roomys gekoop om op die strand te eet.
Datum: 7 - 14 September 2024
Jou eerste kuier by my! Ek was so opgewonde, maar ek dink jy was bietjie op jou senuwees
In die diepkant ingegooi - sommer vinnig-vinnig die familie ontmoet
Tierberg se view!
Boeboe was opgewonde om jou te ontmoet!
Trippie in die rooi bakkie! Dit was op pad na tannie Trys toe vir aandete waar jy almal beïndruk het omdat jy hulle steaks perfek gebraai het!
RedSun - Pekaneut fabriek
Upt kwekery - ek het jou teen jou wil saam gesleep & laat staan vir die foto!
Bietjie jag - ek was so trots op jou!
Ek is seker jy onthou hierdie blouwildebees!
Riemvasmaak se warmwaterbronne!
Dit was toe nie heeltemal so warm nie!
Bietjie ge-kareokee
Op pad terug Kaap toe pluk jy vir my blommetjies - hoe flippen cute! Ek het net weereens besef hoe lief ek vir jou is!
Datum: 22 September 2024
Ons het by La Montanara na die waterval toe gestap.
(Min wetend dat jy oor 'n paar maande daar gaan begin werk!)
Datum: 23 September 2024
Ons het pyl en boog geskiet by Glen Eden - dit was baie warm, maar vrek lekker! (Die cocktails na die tyd was 'n groot bonus, al kon ons dit net-net bekostig!)
Datum: 27 September 2024
Ek het 'n aaklige paar dae gehad, en ek was op. Iets het by die hospitaal gebeur en ek was net oor dit gewees en het vroeg geloop by die hospitaal.
Jy het gesien hoe af ek was en het geweet ek het 'n "break" nodig. Jy het net gesê "Trek iets mooi aan en dan gaan doen ons daai hot chocolate tasting in al die tiktoks wat jy vir my stuur". Jy het presies geweet wat ek nodig gehad het!
Datum: 28 September
Ons het die dag begin met 'n stop by Mondvol se pop-up in Tygervallei - ons eerste Mondvol aankopie!
2de stop: Mochi-Mochi
Die iced tea was flippen lekker! Ongelukkig kon ons nie dieselfde sê van die mochi nie...
3de stop: Oranjezicht Markie
Alles was so mooi en het so lekker gelyk! Maar ons het net geld gehad vir 'n koffie en samoosa - alles was vrek duur!
4de stop: Waterfront
Ons het rond geloop, na die stalletjies gekyk en toe saam gedroom oor hoe ons ook een dag een van daai massiewe "yachts" gaan besit.
Datum: 29 September 2024
Dit was verskriklik mooi gewees en dit was só spesiaal om dit met jou te kon deel!
Die plan was eintlik om picnic te hou by een van die tafeltjies daar. Maar ek het vrek koud gekry so ons het in die kar gesit, snacks geëet en na die see gekyk.
Datum: 1 Oktober 2024
Ons het baie sterk begin!
(vir die eerste 3 dae)
Dit was 'n flippen lekker challenge om saam met jou aan te pak!
Datum: 17 - 20 Oktober 2024
Jy het my verskriklik bederf, van son op tot sonsak!
'n Koek en baie konfetti!
(wat ons vir baie lank daarna nog oral gekry het)
Die flippen lekkerste ontbyt!
Met die mooiste date!
Wyn proe by Tokara
Cocktails by Cause Effect - dis cocktails was baie cooler as wat dit lekker was!
Go Kart resies!
Jy het ons almal ver weg gery!
Ete by Cattle Baron
Datum: 9 November 2024
Ek was vrek op my senuwees, maar ons het so lekker gekuier en gesels!
Datum: 21 - 24 November
Ons eerste wegbreek saam! Dit was só 'n lekker naweek vol ontspan, "bonding time" en lekker eet !
Die mooiste views met die mooiste man aan my sy!
Net voor ons die eerste keer gaan duik het!
'n Bier en gin na die tyd by Drie Pikkewyne
2de duik - Ek was steeds verskriklik op my senuwees, maar jy het my so mooi daar deur gehelp.
Jy het die lekkerste jalanpeño poppers gemaak!
Nog 'n bietjie boogieboard/ swem
3de duik!
In die wetsuit! Jy het my so mooi gelei en geleer!
Datum: 25 November 2025
Jy was absoluut niks lus vir dit nie, maar jy het dit vir my gedoen - dankie my skat!
Jy is die heel mooiste man!
Ek het jou ongelooflik lief!
Ons was sopnat en yskoud!
Die Burger King en Pepsi Max na die tyd het dit beslis die moeite werd gemaak!
Datum: 4 Desember 2024
Dit was op Upt lughawe, net voor jy terug gevlieg het Kaap toe. Dit was 'n kort kuiertjie en jy sou eintlik gaan vis skiet die dag wat ek gery het. Ek was so ontsteld oor Loki en jy het, net voor ek wou ry, na jou kamer toe geloop en begin pak en toe ek jou vra wat aangaan gesê "Jy kan nie so ry nie, jy kan nie eens deur jou trane sien nie en as ek jou so laat ry en iets gebeur sal ek nooit myself kan vergewe nie". Ek het net daar weer besef hoe lief jy my het en ek vir jou (en ook dat dit een van die min kere gaan wees waar visskiet 2de kom!)
Datum: 30 Desember 2024
Na wat soos 'n ewigheid gevoel het, het ons mekaar uiteindelik weer gesien! Net omdat jy oulik genoeg was om jou vakansie kort te knip om my te help trek.