Datum: 17 Januarie 2025
Ontbyt by Everts Opstal
Lamb Eggy B!
Datum: 15 & 16 Februarie
Biltong Eggy B op roosterkoek!
Fun fact: Jy het die 13de Feb voor my deur gestaan en my verras vir Valentynsdag - ek het gedink dat jy nog 1970km weg op 'n plaas in Musina is!
Datum: 22 Februarie 2025
Wat 'n lekker uitstappie! Dit was soveel pret gewees om dit saam met jou te doen - jy het vir ons die mooiste blomme gekies!
Datum: 1 & 2 Maart 2025
Ons het geduik in Hangklip en in Pringle Baai! Jy het verskriklike viskoors gehad die eerste dag!
Pringle Baai se water was die koudste! En dit was baie dieper as wat ek gewoond is met baie bamboes - ek was verskriklik bang, maar jy het heeltyd my hand vas gehou en alles beter gemaak!
Datum: 30 Maart 2025
Ons het Som van Twee gaan fliek - dit was vrek duur, maar beslis die moeite werd!
Datum: 4 - 6 April 2025
Thailand snacks vir die pad!
Eerste duik vir die naweek!
'n Ginnetjie en die heel lekkerste mossels by die Seekombuis in Lappiesbaai!
Skemerkelkies op die rotse! 'n Mooi view en 'n mooi man - hoe geseënd kan een girl wees!
Datum: 18 - 21 April 2025
Ceres Zipline en familie etes!
Jy was vrek bang vir die zipline aan die begin, maar jy was baie braaf gewees en jy het só goed gedoen!
Datum: 26 & 27 April 2025
Dit was 'n vrek warm dag gewees in Kirstenbosch, maar die uitsig was so mooi!
Die kosstalletjies het die flippen heel lekkerste Dorito Nachos en Corndogs gehad!
Datum: 4 Mei 2025
Dit is vir my die heel lekkerste saam met jou - ek het jou só ongelooflik lief!
Datum: 12 July 2025
'n Vinnige Redemption trippie!
Datum: 18 - 20 Julie 2025
Ek was so opgewonde (en op my senuwees) om almal te onmoet! Dit was so lekker naweek met vrek baie lag en speletjies en baie liefde - hoe geseënd is ek nie om al die oulike mense te kon ontmoet nie!
En ook die eerste keer wat ons saam padel gespeel het!
Datum: 27 Julie 2025
Ons tipe 'Sunday stroll', dit was so lekker gewees! Ek is doodseker almal op Viljoensdrif se oewer en vlot was vrek jaloers!
Datum: 1 Augustus 2025
'n Vrek lekker wyntjie met 'n vrek lekker steak broodjie, knoffel aoli en chippies!
Datum: 2 Augustus 2025
Al die vreemdste goedjies & mooiste kandelare gesien
Datum: 16 Augtus 2025
Die oggend het begin met 'n Plato koffie terwyl ons wag vir die bootwinkel om oop te maak!
Vrek lekker ontbyt in Seepunt!
Die aand het ons gebraai en picnic gehou op die stoep. Die lekkerste kwaliteit tyd!
Datum: 23 Augustus 2025
Ons het vir Henru en Schwabie in Cantina gaan kyk nadat ons die Bokke vs Australië in Garrison gekyk het!
My eerste gatsby - dit was vrek lekker!