Hey my skat!
Die punt van die hele ding is eintlik net om vir jou te wys en te sê hoe lief ek jou het - op 'n klein, simpel manier.
Jy is rerig my grootste "dream come true". Jy is die een vir wie ek so lank gewag en gehoop en gebid het.
Dit is vir my só moeilik om vir jou te beskryf hoe ongelooflik lief ek jou het. Ek sukkel rerig om die regte woorde te kry.
Maar ek dink jy sal nie idee kry, want jy ken my beter as enige iemand anders - ek dink soms dat jy my selfs beter ken as wat ek myself ken.
Ons het al ons rowwe tye gehad van stry en baklei, maar elke keer kon ons terug draai na mekaar toe en dit uit praat - en dis wat so mooi is van ons vir my. Ons verhouding is nie nét gebou uit die "honeymoon phase" van giggel en verlief wees nie (alhoewel meeste van dit gelukkig is). Ons was al deur rowwe tye en moeilike dinge - alles wat ons saam aangepak het en saam deur gekom het. En dit spreek vir my boekdele. Dit is bewyse dat, maak nie saak wat om ons aangaan of waardeur ons gaan nie - saam sal ons ALTYD aan die ander kant uitkom. En ek is elke dag dankbaar daarvoor. Ek is dankbaar vir iemand soos jy. Want ek weet dat jy altyd sal bly, by my - maak nie saak wat die lewe na ons kant toe gooi nie of hoe moeilik dinge raak nie. Ek weet jy sal altyd daar wees.
Jy is my plek van veiligheid, my huis. As alles net te veel raak en die storms om my woed, dan weet ek dat ek net huis toe kan kom, na jou toe - en ek sal veilig wees en vrede hê.
Jy is my grootste ondersteuner en my steunpilaar - die enigste mens wat altyd bankvas agter my sal staan en my sal aanmoedig en ondersteun.
Weet jy, ek het so lank gebid vir iemand soos jy. Jare lank.
Ek het soveel aande in my bed gelê en om huil, want ek het só baie liefde in my wat ek met iemand wil deel - maar ook nie net vir enige iemand wil gee nie. Ek het so lank gebid en gepraat met die Here en gevra hoekom ek nie net ook iemand kan kry om voor lief te wees nie, en hulle vir my.
Maar toe kom jy uiteindelik oor my pad.
En jy was beslis elke dag se wag en elke traan werd.
Ek besef nou dat die gewag nie 'n straf was nie - dit was voorbereiding. Die Here het my laat wag, want ek was nog nie reg vir iemand soos jy nie. Hy was nog besig om my te vorm om die regte vrou vir jou te wees. En ek is elke dag dankbaar dat Hy het. Want as Hy nie het nie, sou ons nie wees waar ons nou is nie.
Jy is rerig my grootste seëning.
Jy is die liefde van my lewe.
En ek het jou oneindig, ontelbaar lief. Altyd.